Ek hoop dat ek eendag sal verstaan wat dit in my is wat maak dat elke keer wat ek in 'n boekwinkel instap ek 'n knop in my keel kry. En hoekom ek elke keer voel asof 'n lewe verby gaan wanneer ek 'n boek lees.
Maar dit lyk my vandag is nie eendag nie, dalk 'n ander dag.
Monday, 2 April 2007
Saturday, 10 March 2007
Thursday, 15 February 2007
Donderdag swerwers motief
Hang 'n klip om my nek en gooi my in die see -
sodat ek kan loskom voordat ek verdrink,
in die middel van die see dryf,
opgelaai word deur 'n visserboot
en naamloos kan rond swerf

Monday, 22 January 2007
Vergeetagtige herinneringe
hierdie is my eerste probeerslag om die wereld van blogs te join. dis my eie afrikaanse krap-plekkie waar ek n paar hirogliewe vir naasbestaandes en ander kan los.
dis nie 'n plek vir hoofletters, lees en skryftekens, puristiese taal of enige sulke dinge nie (alhoewel enige van daardie dinge moontlik hier kan voorkom). verwag maar baie gemengde taal, spel/tik foute (volgens my is t en d lang mekaar op die keyboard), taal foute, nuwe woorde (hopelik), teenstrydighede en dalk 'n bietjie geballel oor dinge wat nie sin maak of net nie belangrik is nie.
Vergeetagtigheid (luiheid)
ek het vandag besluit om anders te begin lewe, of dalk nie anders nie, ek gaan alles doen wat ek nog altyd doen. maar die keer gaan ek dit neerle op papier (virtueel of werklik).
ons is geneig om so baie dinge te vergeet. ons vergeet wat die mense in ons skool se name was, van waar ons hulle ken, hoekom ons (nie) van hulle gehou het (nie). ons vergeet wat ons onsself belowe het ons nooit weer sal doen nie, watse beloftes ons veronderstel is om te hou, watse foute ons gemaak het, daai goeie idee wat richard branson en 'n ander ryk amerikaanse ou, wat se naam ek nie kan onthou nie, soos bedelaars gaan laat lyk. ons vergeet die woorde waarmee ons hart gesteel is. ons vergeet van ons sukses in die verlede. ons vergeet om die dinge te onthou
hierdie is net ter nagedagtenis aan al die vergete dinge en daai dinge wat ten spyte nie vergete gebly het nie (ja, ek het ook 'n geheue)
ps. ekt nie besef daar is so baie pienk in hierdie template nie

Subscribe to:
Posts (Atom)