Friday, 22 May 2009

'n skadu

woorde is eintlik alreeds weer oud,
gee 'n laaste hoessie en kap om
hulle leef net in my kop
en net lank genoeg om daai gevoel op te wek
ek romantiseer dit, dis woorde wat net 'n oomlik was
hulle het waarde gehad en kan nie nou weer gemeet word nie
die grawe na hulle bring net geraamtes
en die geraamtes bring net fustrasie
en die grawe bring altyd ander woorde, woorde soos hierde
maar daai woorde is nooit meer in die oomlik nie
dis 'n skadu van die glanswoorde - daai wat eintlik hier moes staan
maar daai woorde vertel tog ook iets,
'n skadu kan dui op dit wat die glans vang
die siluette kan dui op die vorm
die groote kan dui op die afstand van die oorspronklike
en daarom gooi ek nou hierdie skaduwee
dit suggereer dalk net genoeg
dit herhinner dalk weer aan woorde
ander woorde, woorde wat dalk meer glans vang
maar hierdie woorde bly net dit, 'n skadu

Monday, 1 September 2008

'n teer saakie

n ding wat my nou al n ruk lank pla, is wat deur mense se koppe gaan terwyl hulle bestuur? niks, absoluut niks, dis my nuwe teorie. dis die onbewustelike uiting van hul onderbewuste westelike waardes - ek, ek,ek,ekekekekekEK. f*k die res

Sunday, 11 May 2008

Groot kopspeld-ego sindroom

iewers tussen kare, fietse, mense
(ek hou nie van karre nie, hulle gebruik te veel pertol en fustrasie)
in lunch, of tee-tyd, of opstaan-tyd
sit my eerder tussen bome met digte groen blare
of kaal bruin takke wat na die hemel strek en van sneeu af weg vlug
(woorde verdwyn te gereeld
lewe is te veel net in mens kop
ek hoop net iemand het gehoor)
vlug, wegkom, hardloop, vergeet, verdwyn...
lewe as 'n groot kopspeld

ps. die soundtrack kort

Sunday, 10 February 2008

Die dood van 'n dromer

Dis so maklik vir 'n dromer om te sterf. So baie interne en eksterne dinge poog daagliks om drome te vervang met realiteit, gewoonte, roetine, dood.
Ons neig om so gereeld die beloftes wat ons ons self maak te verbreuk (nee, ek doen nie nuwejaars voornemens nie). En ons vergeet so gereeld die dinge wat vir ons saak maak (hierdie sin voel so half bekend).
Maar hierdie dromer het nog nie gesterf nie, net opsoek na 'n droom wat die moeite werd is om te droom en nie te droom nie.

Monday, 2 April 2007

Eendag sal ek die antwoord hĂȘ

Ek hoop dat ek eendag sal verstaan wat dit in my is wat maak dat elke keer wat ek in 'n boekwinkel instap ek 'n knop in my keel kry. En hoekom ek elke keer voel asof 'n lewe verby gaan wanneer ek 'n boek lees.

Maar dit lyk my vandag is nie eendag nie, dalk 'n ander dag.

Saturday, 10 March 2007

3 Woorde

Danger, Adventure, Excitement!

Thursday, 15 February 2007

Donderdag swerwers motief

Hang 'n klip om my nek en gooi my in die see -
sodat ek kan loskom voordat ek verdrink,
in die middel van die see dryf,
opgelaai word deur 'n visserboot
en naamloos kan rond swerf