Friday, 22 May 2009

'n skadu

woorde is eintlik alreeds weer oud,
gee 'n laaste hoessie en kap om
hulle leef net in my kop
en net lank genoeg om daai gevoel op te wek
ek romantiseer dit, dis woorde wat net 'n oomlik was
hulle het waarde gehad en kan nie nou weer gemeet word nie
die grawe na hulle bring net geraamtes
en die geraamtes bring net fustrasie
en die grawe bring altyd ander woorde, woorde soos hierde
maar daai woorde is nooit meer in die oomlik nie
dis 'n skadu van die glanswoorde - daai wat eintlik hier moes staan
maar daai woorde vertel tog ook iets,
'n skadu kan dui op dit wat die glans vang
die siluette kan dui op die vorm
die groote kan dui op die afstand van die oorspronklike
en daarom gooi ek nou hierdie skaduwee
dit suggereer dalk net genoeg
dit herhinner dalk weer aan woorde
ander woorde, woorde wat dalk meer glans vang
maar hierdie woorde bly net dit, 'n skadu

No comments: